Ons Visie
Om verbruikers te bemagtig en in staat te stel om hulself teen die bedreiging en impakte te beskerm wat “scams” vir ons en ons ekonomie inhou. Om ’n omgewing te skep wat gunstig is vir groei en sukses eerder as een wat deurtrek is van vrees en duisternis.
Om terug te baklei teen “scams” deur bewustheid te skep en verbruikers op te voed oor die bedreiging terwyl instrumente en tegnieke gevind word om onsself te verdedig en diegene vir wie ons omgee, te beskerm. Ons moet optree teen die oortreders en beheer terugneem oor dit wat ons s’n is.
Die inligting en instrumente op hierdie webtuiste is ontwerp om die gebruiker op te voed en te betrek by ’n onderwerp wat moeilik is om te verstaan. Deur Yima se boodskap van “Stop. Dink. Moenie bedrieg word nie.” te deel en te kommunikeer, lig ons ander in oor die risiko en hoe om hulself te beskerm.