Is jy ’n ywerige winskopiejagter?


Die Bedrieër se Agenda
Party dinge is te goed om waar te wees! Bedrieërs verlei kopers met wonderlike en spesiale aanbiedinge wat ons nie kan weier nie, versamel ons data wanneer ons op die webtuiste registreer en bied ’n wanvoorstelling van ’n produk aan of, wanneer dit eers betaal is, word die goedere nooit afgelewer nie.Hoe om te Reageer
Moenie te gretig wees om ’n aanbod te aanvaar nie – die “te-goed-om-waar-te-wees”-reël is van toepassing op aanlyn aankope, voertuigaankope en huissoektogte net soos wat dit op ander beleggings van toepassing is. Bedrieërs is so dol daaroor om jou drome “waar te laat word”, net soos wat jy dol is oor ’n goeie winskopie. Besoek verskeie winkels en vergelyk pryse en ondersoek die gehalte van die produk asook die handelaar wat die produk aanbied. Indien dit nie van ’n gevestigde, eerbare besigheid kom wat geverifieer kan word nie, hou liewer aan met soek.
Moenie goedere en motors van hoë waarde of duur bates koop sonder om dit persoonlik te besigtig en ’n professionele evaluering te voltooi nie. Om ’n motor te koop sonder om jou eie padwaardigheidstoets te laat doen of om nie die eiendomseienaarskaprekords met die Aktekantoor aktekantoor vir ’n huis of grond na te gaan nie, is albei baie hoërisikoaankope.
Wanneer jy ’n voertuig koopDoen altyd eers ’n ongeluksgeskiedenis- en padwaardigheidsassessering en bevestig die registrasie- en eienaarskapbesonderhede by die Departement van Vervoer voordat jy enige betalings maak wanneer jy ’n motor koop.
Wanneer jy eiendom koop, jou emosies kan hoog loop wanneer jy ’n nuwe huis koop, en jy kan vergeet om die nodige kontroles uit te voer. Kontroleer altyd die eienaarskap en waarde van die eiendom en indien moontlik, kom in aanraking met die huidige eienaars om te bevestig dat die eiendom op die mark is en dat die persoon met wie jy werk die werklik aangewese eiedomsagent is. Vir privaat verkooptransaksies moet jy ook ’n agtergrondondersoek na die eienaars doen om seker te maak dat die verkope nie ’n “scam” is nie.
Bedrieërs maak die dokumente na Bedrieërs vervals die dokumente wat hulle aan jou verskaf, en sodra jy die vereiste deposito betaal, tower die bedrieërs ’n verskoning op waarom hulle nie die bate aan jou kan oorhandig of jou deposito kan terugbetaal nie – of hulle versoek addisionele betalings of verdwyn eenvoudig met jou geld.
Ons Vennote