Word jou kulturele oortuigings gebruik om ’n besluit te motiveer?


Die Bedrieër se Agenda
Bedrieërs misbruik jou persoonlike en kulturele geloof om jou te manipuleer om te glo dat hulle uitverkore is om jou te help om jou van jou finansiële of gesondheidsverwante probleme te verlig.Hoe om te Reageer
Wys enige uitnodiging of versoek om te ontmoet of om jou persoonlike sake en/of omstandighede te bespreek van die hand. Bedrieërs sal jou geloofs- en kulturele oortuigings gebruik om jou te manipuleer om in te stem om hulle te ontmoet of om jou persoonlike besonderhede of inligting te deel Hulle gee voor dat hulle dit namens ’n hoër mag doen.
Sien is nié glo nie. Moenie die wonderbaarlike herstel of finansiële verligting wat vreemdelinge kwansuis op geestelike wyse ervaar het, vertrou nie. Bedrieërs gebruik kulkunsies en illusies om jou te laat glo dat jy ’n wonderwerk gesien het of met ’n voorouer gekommunikeer het.
Wees agterdogting en bevraagteken die rede waarom ’n vreemdeling toegang het tot enige inligting oor jou en jou familie en jul onderskeie sake. Wees versigtig met watter inligting jy met wie deel, veral aanlyn. Moenie enige persoonlike besonderhede, kontaknommers, adresse of finansiële inligting en omstandighede op sosiale media of met besighede en mense wat geen goeie rede tot toegang tot jou inligting het, deel nie.
Ons Vennote