Beskerm jy jou data?


Die Bedrieër se Agenda
Wees bedag op hoe, waar en met wie jy jou persoonlike inligting deel. Bedrieërs versamel ons persoonlike inligting en wagwoorde om ons rekeninge en profiele op sosiale media, elektroniese toestelle en selfs ons bankrekeninge te kraak.Hoe om te Reageer
Moenie ’n slagoffer wees nie. Voorkoming is altyd beter as ’n kuur! Dit is deesdae net so belangrik om jou data en toestelle te beskerm as wat dit is om ’n sekuriteitstelsel in jou huis of motor te hê; inderwaarheid, nog belangriker.
Maak seker dat jy sterk wagwoorde met ’n minimum van 8 karakters gebruik wat nommers en letters van die alfabet bevat, en voeg ook ’n spesiale karakter by om die wagwoord te versterk.
Bedrieërs gebruik hierdie inligting om jou uit te lok om al jou persoonlike inligting met hulle te deel, en steel dan enige bates wat jy nog mag besit.
Onthou, jou bank sal jou nooit vir jou wagwoord in ’n e-pos of telefoonoproep vra nie en sal jou altyd na jou banktoepassing of ’n OTM stuur om jou wagwoord te herstel of om ’n transaksie te voltooi.
Moenie persoonlike en sensitiewe inligting oor jou of jou gesin op sosialemediaplatforms plaas nie. Moet nooit jou ID-nommer of foto’s van jou identiteitsdokumente aanlyn plaas nie. Bedrieërs kan dit gebruik om identiteitsbedrog te pleeg. Wees ook versigtig met wie jy op sosialemediaplatforms gesels en moenie skakels oopmaak wat van onbekende of onbetroubare persone op enige platform geplaas is nie.
Slimfone bevat deesdae baie van ons persoonlike inligting en is opgestel om outomaties toegang tot ons sosiale media, sagtewarerekeninge en sommige toepassings te bied wat ons persoonlike inligting kan verwerk. Indien jou toestel verlore raak of gesteel word, moet jy die toestel onmiddellik laat blokkeer en die toestel se toegangsregte van al jou toepassings verwyder. . Hierbenewens moet jy die wagwoorde van alle rekeninge wat aan die toestel gekoppel is of deur die toestel toegang verkry word, verander. Indien jou toestel gekraak word en die toestel se toegangsregte nie verwyder is nie, sal die bedrieër totale beheer oor jou profiel hê wat tot identiteitsdiefstal en diefstal van jou geld, data en inligting kan lei.
Datadiefstal is ’n besigheid wat miljarde rand vir bedrieërs genereer en datakraking is ’n werklike bedreiging vir jou persoonlike inligting en inkomste. Moet dit nie vir bedrieërs maklik maak om van jou te steel nie. Maak seker dat jy gereeld jou wagwoorde opdateer en dat jy sterk wagwoorde gebruik. Moenie dieselfde wagwoord vir alle rekeninge gebruik nie en maak seker dat jy nooit jou sosialemediawagwoorde vir jou bank- of aankoperekeninge gebruik nie.
Ons Vennote