Ervaar jy depressie of is jy desperaat?


Die Bedrieër se Agenda
Scammers abuse our need to improve our financial circumstances as a lure to invest in their scams or try to make us believe that we will receive a reward for performing or participating in a certain task, opportunity, or event.Hoe om te Reageer
Indien jy oorweldig voel deur skuld kan desperaatheid insluip. In hierdie geval die beste opsie is om finansiële bystand en raad van professionele persone te verkry is die beste opsie om finansiële hulp en raad te soek by professionele persone soos jou bank se konsultante, jou finansiële adviseur, ’n rekenmeester of prokureur wat die beste toegerus en gekwalifiseerd is om jou raad te gee. Hulle mag dalk voorstel dat jy jou skuld konsolideer.
Skuldkonsolidasie help jou om jou geldsake makliker te bestuur deur al jou bestaande skuld en lenings in net een rekening te konsolideer, oftewel kombineer. Bedrieërs gebruik hierdie inligting om jou uit te lok om al jou persoonlike inligting met hulle te deel, en steel dan enige bates wat jy nog mag besit. Maak seker jy werk met ’n geregistreerde en gelisensieerde skuldkonsolideringsagentskap.
’n Skuldinvorderaar is enige persoon of maatskappy buiten ’n prokureer wat hul kliënte se skuld invorder.Moenie toelaat dat skuldinvorderaars, of bedrieërs wat hulle as skuldinvorderaars voordoen, jou oortuig om jou finansiële probleme in ’n kits op te los nie.
Kyk of die skuldinvorderaar geregistreer is by die Raad vir Skuldinvorderaars, in ooreenstemming met die Wet op Skuldinvorderaars, 1998 (Wet No. 114 van 1998), artikel 8. Webtuiste: https://www.cfdc.org.za/.
Verstaan die wetlike aspekte. Daar is talle ingewikkelde bepalings en voorwaardes wat jy moet begryp en waartoe jy moet instem. Vra jou prokureur om ’n aanbod na te gaan en om die gepaardgaande risiko’s en gevolge te verduidelik. Spyt kom altyd te laat!
Pasop vir woekeraars. Woekeraars (loan sharks) bied lenings teen uiters hoë rentekoerse aan, het streng bepalings indien jy nie betaal nie en tree dikwels buite die wet op. Hulle belowe om vir jou geld te leen sonder die “ingewikkelde wetlike proses”, aangesien hulle waarskynlik nie voldoen aan die wetlike vereistes wat jou beskerm nie.
Hulle buitensporige rentekoerse sal jou met meer skuld laat in plaas daarvan om jou probleme op te los.
Moenie geld aan mense leen in wie jy romanties belangstel of nie 100% ken nie.
Praat met of kontak beleggers/kliënte wat al met die besigheid sake gedoen het.
Om met geld te werk, kan ’n ingewikkelde en emosionele saak wees, veral wanneer dit geleen word. Vriende of liefdesmaats kan jou soebat om geld aan hulle te leen vir ’n spesifieke moeilike situasie, en hulle kan jou laat skuldig voel as jy dit nie doen nie. Daardie skuldige gevoel is jou eerste waarskuwing dat dit nié ’n goeie idee is nie. Moenie geld aan mense leen van wie jy min weet nie – hulle mag jou dalk geld skuld, maar hulle skuld jou nie lojaliteit nie. Bedrieërs hou hulle as vriende of liefdesmaats voor en buit jou skuldgevoelens en emosionele verbintenisse uit om jou te manipuleer om soveel geld as moontlik aan hulle te leen, meer as net een keer en oor ’n lang tydperk. Daarna verdwyn hulle in ’n kits en laat jou in die steek en boonop platsak.
Die beste benadering is om ferm te wees en om heeltemal te weier om geld te leen. Indien hulle egter beweer die geld is vir ’n spesifieke, werklike rede, soos byvoorbeeld vir skoolfonds, betaal die geld dan direk in die skool se bankrekening in nadat jy die bankbesonderhede direk met die skool bevestig het.
Loop lig vir jou emosies en wees op jou hoede vir identiteitsdiefstal.
Dit raak al meer gewild om aanlyn na romanse en selfs ’n lewensmaat te soek. Hierdie verbintenis kan wel tot ’n “gelukkige einde” lei, maar dit kan ook lei tot ’n gebroke hart en verpletterde geldsake!
Moenie die profiele op gewilde afspraak- en sosiale toepassings glo wanneer jy na ’n lewensmaat soek nie. Bedrieërs “catfish” potensiële slagoffers om soveel geld as moontlik op enige manier van jou te steel, soos deur jou data uit te vis, deur vir jou foto’s of skakels met kwaadwillige programmatuur te stuur, deur te soebat vir lenings vir noodgevalle of deur jou te vertel van ’n fantastiese geleentheid wat hulle ontdek het en jou te vra om daarby aan te sluit.
In uiterste gevalle word sensitiewe foto’s wat van jou toestel verkry is, gebruik om jou af te pers vir fondse of toegang tot jou bankbesonderhede.
Bedrieërs skep vals aanlyn profiele om jou om die bos te lei en jou geld te steel.
Ons Vennote