Word jy iets aangebied?


Die Bedrieër se Agenda
Bedrieërs maak misbruik van ons behoefte om ons finansiële omstandighede te verbeter deur dit as ‘n lokaas te gebruik om in hulle swendelary te belê, of om ons te laat glo dat ons ‘n beloning sal kry as ons ‘n sekere taak uitvoer of aan die taak, geleentheid of gebeurtenis deelneem.Hoe om te Reageer
Die spreekwoord lui mos: “As iets te goed is om waar te wees, is dit waarskynlik die geval.” Moenie betrokke raak by ’n “te-goed-om-waar-te-wees”-sakeonderneming, -belegging of -skema nie tensy en totdat jy bevestig het dat dit deur wettig geregistreerde en eerbare entiteite van hoë aansien aangebied word.
Wees Waaksaam: WEET met wie jy betrokke raak en wie die besigheid en die verkoopspersoon/besigheidsvennoot is wat die aanbod maak.
“Verifieer hul identiteit, gesag en die belegging”
Maak seker dat die agent/persoon nie iemand se identiteit naboots of voorgee om ’n eerbare instelling te verteenwoordig nie. Skakel die wettige instelling deur die nommer op hul amptelike webtuiste te gebruik en vra om met die agent/persoon te praat.
Lees en verstaan die bepalings, voorwaardes en beperkings.
Laat jou prokureur enige kontrakte of ooreenkomste nagaan voordat jy dit onderteken.
Wees bedag op wetlik tegniese aspekte wat hulle in staat sal stel om met jou geld weg te stap!
Gaan prestasiegeskiedenis na
Maak seker dat jy die besigheid se historiese rekords of sy aandeelhouers/vennote fisies kan naspeur en hulle in persoon by hul sakeperseel kan ontmoet. Moenie die finansiële inligting wat die beleggers of agente aan jou verskaf, vertrou nie - doen jou eie navorsing.
Praat met of kontak beleggers/kliënte wat reeds met die besigheid te doen gehad het.
Moenie aanlyn blogs glo nie aangesien hulle fiktief, vals of misleidend kan wees.
Ons Vennote