Webtuistekwesbaarheidsaftasting
WORD EK BEDRIEG

Koop jy aanlyn?

xss scanner
Koop jy by onbekende aanlynwinkels?
Doen jy aanlynaankope van ander lande?
Koop jy goedere deur op aanlynadvertensies te klik?
fake shopping websites list 2020

Die Bedrieër se Agenda

Aanlyninkopies is gerieflik, maar ons moet seker maak ons ken en vertrou die maatskappy met wie ons sake doen. Waaksaamheid is nodig om maak seker die maatskappy is erkend seker te maak die maatskappy is wettig en dat die webtuiste nie ’n vervalste webtuiste is wat ’n gewilde handelsmerk namaak nie (handelsmerkkaping). Jy moet ook seker maak die webtuiste gee nie voor om ’n nuut besigheid of handelsmerk te wees wat daarop ingestel is om jou inligting te versamel of skadelike programmatuur op jou toestelle te installeer nie.

Hoe om te Reageer

Die gerief van aanlynaankope het al veroorsaak dat baie van ons ons geld uitgee sonder om ons rusbanke te verlaat. Dit spaar ons tyd en moeite vir belangriker dinge in ons lewe, maar ons moet egter versigtig wees waar ons koop.

Bedrieërs skep vals maar tog oortuigende aanlyn winkels wat ’n omvattende aanlyn-inkopie-ervaring bied wat ontwerp is om jou data uit te vis en jou geld te steel. Sodra jy die webtuiste besoek en/of iets koop, kan die bedrieërs moontlik skadelike programmatuur en sleutelstelersagteware op jou toestel laai om jou wagwoorde en pinnommers in die hande te kry. Sodra ’n aankope op die webtuiste voltooi is, het hulle ook jou kredietkaartbesonderhede.

Moenie op webtuistes koop wat onbekend is en nie geverifieer kan word nie. Gaan na hul bepalings en voorwaardes en kontakbesonderhede na om hul ligging en sakebesonderhede te identifiseer. Doen navorsing oor die maatskappy om seker te maak dit is ’n wettige besigheid en voer ook ’n webtuisteskandering uit om te soek vir enige bekende “scam”-pogings wat vanaf die webtuiste gedoen is.

Moenie haastig wees wanneer jy oorgrensaankope doen nie Die goedere kan van ’n swakker gehalte wees, en jy sal geen manier hê om probleme te laat regstel nie. Erger nog, die goedere mag moontlik nooit eers afgelwer word nie en jy sal van die geld of al die geld verloor wat jy vir die aankope betaal het.

Markte op sosiale media is algemene plekke waar goedere verkoop en geadverteer word. Bedrieërs plaas vals advertensies met fantastiese aanbiedinge op hierdie sosiale platforms om jou uit te lok om op die skakel te klik om meer uit te vind. Sodra jy dit doen, laai die bedrieër skadelike programmatuur en sleutelstelersagteware op jou toestel om jou wagwoorde en pinnommers in die hande te kry en jou data uit te vis.

Moenie op skakels van onbekende of ongeverifieerde winkels of mense of advertensies klink nie. Pas die voorsorg-voorkom-nasorg-benadering toe om te verhoed dat jy die slagoffer van ’n “scam” word.

Wenke en Ondersteuning

Ons Vennote

Teken In. Kry ’n volledige webtuistesekerheidstoets vir bekende kwesbaarhede.